By Oranje is elke dogtertjie spesiaal en uniek. Klein Eendjies wat gekoester word en ontwikkel in pragtige eende. Ons handel en leer volgens Christelike waardes sodat elke dogtertjie ‘n rotsvaste fondasie ontwikkel.

Oranje Preprimêr is ‘n pragtige skool met drie graad R – klasse en twee graad RR- klasse.

Elke klas het ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en ‘n assistent. Die kurrikulum word interessant en kreatief aangebied sodat leer op ‘n prettige manier plaasvind. Vir ouers se gerief word buitemuurse aktiwiteite op die perseel aangebied gedurende skooltyd.

In Oranjeland leer ons speel-speel, maar ook doelgerig om dogtertjies voor te berei vir die eise wat die “grootskool” stel. Met liefde word dogtertjies gevorm om sosiaal, emosioneel en kognitief te ontwikkel tot hul volle potensiaal.

Vir altyd… Vooruit!

Hier by Oranje Preprimêr beleef die dogtertjies ‘n vonk wat vlamvat in die Laerskool en uiteindelik tot ‘n vuur brand in die Hoërskool!

Vooruit

CHRISTELIKE WAARDES

DANKBAARHEID

RESPEK

EERLIKHEID

OMGEE

PUIK GERIEWE