Tema Dae

Tema-dae vorm ‘n spesiale deel van ons skooljaar en bring groot opwinding, kreatiwiteit en pret.

Deur middel van verskillende aktiwiteite en temas kry ons dogtertjies die geleentheid om nuwe dinge te ontdek, hul verbeelding te gebruik en op ‘n speelse manier te leer. Hierdie dae skep kosbare herinneringe, bevorder deelname en dra by tot ‘n positiewe skoolkultuur waar elke kind kan deel in die vreugde van saam leer en groei.