ONS SKOOL

Die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.
Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ’n passie vir hulle werk en ’n filosofie van “elke kind is my kind”.
Oranje handhaaf ’n slim balans tussen werk en speel. Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte. Oranje het in 2015 die eerste publieke skool in die Vrystaat geword om tablette vir onderrig te gebruik.

Hier is die leerders eenders in geloof en visie om pret te hê, om Oranje te dien en om hulle voor te berei vir die wêreld van werk. Die leerders is ook anders, want elkeen is uniek, kosbaar en ’n besondere kleinood!

Oranje bestaan uit drie susterskole op een terrein: die preprimêre skool, die primêre skool en die sekondêre skool. Elkeen van die skole het sy eie skoolhoof en beheerliggaam waarin ouers verteenwoordig word, maar daar is noue samewerking tussen die skoolhoofde en die onderskeie beheerliggame, wat gereeld saam vergader om gemeenskaplike sake te bespreek en gesamentlike projekte aan te pak en te koördineer. Elke skool het sy eie klaskamers, maar die skoolsaal en sportterreine word gedeel.

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webtuiste: Skool
Navrae: Letitia Swanepoel
E-pos: kantoor@oranjepp.co.za
Telefoon: 051 448 4149
Besigheidsure - Voldag:
Maandag - Vrydag: 07:00-17:15
Besigheidsure - Halfdag:
Maandag - Vrydag: 07:00-12:30

Primêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Navrae: Suzanne de Villiers
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051 447 6845
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Sekondêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Navrae: Jeanine Kuntzman
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051 447 4681
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Reünie

Webtuiste
Navrae: Sarette Botha
E-pos: sarette1972@gmail.com
Telefoon: 079 870 0495

© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999