VOORUIT

Kliek hier vir die jongste uitgawe

Kliek hier vir Maart 2019 se uitgawe.

Vooruit, die skoolkoerant, is ‘n integrale deel van Oranje se hartklop en bied nuus oor gebeure by Oranje aan die leerders, onderwysers, ouers en oudleerlinge.

Die redaksie bestaan uit leerders en hulle is verantwoordelik vir die beriggewing en die werwing van advertensies.
Deel van die Vooruit se sukses is dat die redaksielede elke kwartaal entoesiasties die berigte oor aktuele gebeure op ‘n relevante manier aan die lesers oordra.

Die koerant word drie keer per jaar in die eerste, tweede en vierde kwartaal gepubliseer.

Adverteerders wat die Vooruit lojaal finansieel ondersteun, dra by tot die hoë gehalte van elke uitgawe.

Om in Vooruit te adverteer kontak die skool by admin@oranjemeisieskool of bel 051-447-4681 en laat ‘n boodskap en telefoonnommer waarby ons u kan bereik.

Om sy reikwydte uit te brei het Vooruit ook twee sosialemediablaaie op Facebook en Instagram om gereeld vars nuus aan ouers en oudleerders te bring om hulle op die hoogte te hou van die prestasies en pret van die huidige leerders.

Daar is ook ‘n Facebookgroep vir oudleerders om nuus oor oudleerders en reünies te volg.

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webtuiste: Skool
Telefoon: 051 448 4149
Besigheidsure - Voldag:
Maandag - Vrydag: 07:00-17:15
Besigheidsure - Halfdag:
Maandag - Vrydag: 07:00-12:30

Primêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 6845
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Sekondêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 4681
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Reünie

Webtuiste
Navrae: Sarette Botha
Telefoon: 079 870 0495

© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999